Bosveld Dorperklub

Vegters vir die Ras in geharde omstandighede


  Tuisblad

  Oor die Klub

  Oor die Dorper

  Kalender

  Veiling datums

  Veiling Resultate

  Skou Resultate

  Regulasies

  Riglyne

  Bestuurspan

  Klublede

  Nuusbriewe

  Klubaansluiting

  Dorper Kursus

  Dorper Kliniek

  Bosveld Winkel

  Web Skakels

  Foto Gallery

  Kontak Ons

 

OOR DIE DORPER:

Die Dorper is aanvanklik geteel vir die droëer dele van ons land veral die Karoo. Die aanpasbaarheid van die Dorper is egter van so ‘n aard dat dit suksesvol in ons omgewing aangepas het. Boerdery metodes moet egter aangepas word, maar die ras bewys hom deur en deur dat die Dorper op enige plek kan aanpas.


Die behoefte aan ‘n beter karkas vir die vleismark was die inisiele inspirasie vir die Departement van Landbou in die 1930’s om met intensiewe studies die Dorper te teel vanuit die Dorsethorn Ram en die Swartkop Persie Ooi. Die Dorper Telersgenootskap is offisieel gestig 19 Julie 1950 en so ook is besluit op die naam Dorper. Saamgestel uit DORSET HORN ram en PERSIE ooi.
Affiliasie van die Wit Dorper het in 1964 plaasgevind met die Dorper.

Die enigste verskil van die Dorper en Wit Dorper is alleenlik die kleur.


Die Dorper ras word gekenmerk daaraan dat daar Rasstandaarde spesifiek oor die ras saamgestel is deur die Telersgenootskap. Dit is ‘n trotse Ras waarvoor sy kampvegters vandag nog baklei om die dier se uitstaande kenmerke steeds te bevorder.

Die kenmerke spesifiek bekend as:
· Kwaliteit Vleisproduksie,
· Aanpasbaarheid,
· Gehardheid,
· Veldbenutting,
· Goeie moedereienskappe en hoë kwaliteit vel vir die handskoen en mode bedryf.


Hierdie Rasstandaarde beskerm die Dorperras veral teen Funksionele Foute.


Die 6 Hoofafdelings waarop enige Dorper gekeur  word is:
· Bouvorm- Simbool “B”
· Grootte en Groeisnelheid-Simbool “G”
· Distribusie van Vet-Simbool “D”
· Kleurpatroon-Simbool “P”
· Haarbedekking-Simbool “H”
· Tipe – Simbool “T”


Hierdie Standaarde voorkom dat die doel van die Departement van Landbou—om ‘n beter vleiskarkas te teel, nie deur die jare verlore sal gaan nie. Daarom is die Dorper ook die enigste ras wat sy vet regoor sy lyf versprei en nie net op sekere gelokaliseerde areas stoor nie. Marmering tussen die weefsel verseker dat Dorper lamsvleis sag en smaaklik is.


Die gesogte Dorper velle is ook van die enigste velle wat gebruik word vir o.a eksklusiewe motors se sitplekbekleedsel, sag en modieus, is dit gesog by die voorste motormaatskappye. Soveel kenmerke van hierdie ras maak dat mens nie anders kan as om Trots en entoesiasties oor die Ras te wees nie. Daarom dat die Bosveld ook nie anders kon as om hierdie skaap vanaf die Voorwêreld hiernatoe te gebring en uit te toets nie. Steeds verstom ons ons aan die aanpasbaarheid van die ras en sy gehardheid. Hier in die Bosveld word die Dorper voortdurend blootgestel aan hartwater, jakkalse, interne en eksterne parasiete, ens. Die ras begin al hoe meer homself te bewys dat indien die Dorper hier gevestig is, hy al hoe meer weerstandigheid teen hierdie faktore begin bereik. Daar is heelwat plase waar Dorpers in die Bosveld hartwater weerstandbiedendheid opgebou het. So ook haarwurm weerstand waar daar al vir jare seleksie toegepas is om net die mees weerstandbiedende diere te gebruik vir teling en die res uit te skot.


Daarom is dit die Visie van die Bosveld Dorper klub om ‘n Ras te vestig in die Bosveld wat aangepas is by ons omgewing.
Die entoesiasme van die eerste stigters van Die Bosveld-Dorperklub leef steeds voort in die klub vandag. Die Bosveld Dorperklub is ook in 2009 aangewys deur die Dorper Telersgenootskapas die beste klub van die jaar 2007/'08. Hierdie entoesiasme veroorsaak dat Opleidingsdae,kursusse, studieprogramme ens saamgestel is en uitgevoer word in ons Bosveld omgewing.
Ons wil graag die ras bly bevorder—veral die Dorper wat reeds in ons Bosveld omgewing aangepas is, en daarom hoop ons dat elkeen wat ’n Dorper sien, sal weet, hierdie Skaap is geteel spesifiek vir Suid-Afrika deur Suid Afrikaners. Dit is ons trots en daarom moet hierdie ras vir die toekoms opgepas en bewaar word.

 

 
Copyright 2010 by L. Bezuidenhout 082 797 3227