Bosveld Dorperklub

Vegters vir die Ras in geharde omstandighede


  Tuisblad

  Oor die Klub

  Oor die Dorper

  Kalender

  Veiling datums

  Veiling Resultate

  Skou Resultate

  Regulasies

  Riglyne

  Bestuurspan

  Klublede

  Nuusbriewe

  Klubaansluiting

  Dorper Kursus

  Dorper Kliniek

  Bosveld Winkel

  Web Skakels

  Foto Gallery

  Kontak Ons

 

Welkom by die webtuiste van die Bosveld Dorperklub

Sedert baie jare is die behoefte daar om skape aan te hou in die Noorde van ons land. Omstandighede maak dit egter 'n reuse uitdaging om suksesvol te kan boer met skape in die Bosveld. Hier is ons immers 900m bo seespieël, die gemiddelde temperatuur is 20’C (wat tot 40’C in die Somer styg) en ons gemiddelde reënval is 450mm per jaar.

Al hierdie en vele meer maak dat ander tegnieke en boerdery metodes aangebring moet word om suksesvol met Skape te kan boer. Deur baie proefnemings en ervaring is gevind dat die aanpasbaarheid van die Dorper maak dat dit vir ons die ideale skaapras is in die Bosveld. Vandag begin ons stelselmatig meer en meer verstaan hoe om hierdie dier te respekteer en korrek te bestuur om die beste uit die Ras te kry. Tog verg dit dat ons die Ras moet selekteer vir die eienskappe wat juis vir die Bosveld belangrik is , soos bestandheid teen hartwatersiekte en parasiet weerstanbiedendheid. Diere wat hier by ons aangepas is, moet erken word vir hul uniekheid en gerespekteer word—so ook hul Telers. Dorpers kan met hul gehardheid en aanpasbaarheid die Bosveld Baasraak, maar dan moet jy die skaap genoeg tyd gee en die regte bestuur daartoe insit.

Sodra n Dorper wel aangepas is hier in die Bosveld, sal hierdie Skaapras vir jou net sukses in die Boerdery kan bring! Ons as Bosveld Dorperklub, is trots op ons Gevestigde Bosveld Dorpers. Ons veg met trots die stryd om hierdie Dorper uniek te sien van ander Dorpertipes. Steeds in Samewerking met die Genootskap se Rasstandaarde, wil ons die Perfekte Dorper ook teel—net een wat in die Bosveld kan woon en werk!. Ons het dit bewys- n Aangepaste skaap is ‘n produktiewe skaap.

Hierdie klub is die klub om aan te behoort as jy in die Bosveld boer met Dorpers of enige ander skaapras, en selfs in ons buurlande Botswana of Zimbabwe is van ons lede. Ons kan jou dalk oortuig om van Ras te verander,u sal nie terugkyk nie, maar bowen dit, ons bied opleiding dae oor verskeie onderwerpe, kursusse oor die Dorper, nuusbriewe en spog ons klub ook met baie kundige telers en veekundiges , veeartse en ons eie Dorper inspekteur om u van bystand te wees met u nuwe boerdery

 

 

Visie van die Klub

Ons strewe daarna om die Perfekte Dorper te teel wat gebore en aangepas is in die Bosveld streek.

 

Missie van die klub:

Ons is toegewyd daartoe dat ons die Dorper Ras in die Bosveld wil vestig.

Ons fokus onsself daartoe om Dorpers en Witdorpers die Ras van keuse te maak vir enige boer wat met skape wil boer

Ons is daartoe gerig om die Perfekte Dorper te teel in die Bosveld, deurdat ons onsself en ons lede deurlopend aan kursusse, opleiding, skoue, veilings ens. Blootstel om sodoende meer inligting te bekom om ‘n Perfekte Dorper te kan teel.

Copyright 2010 by L. Bezuidenhout 082 797 3227