JUNIOR EN SENIOR DORPERKURSUS:
Jaarliks bied die Bosveld Dorperklub ‘n Junior/Senior Dorperkursus aan. Hierdie kursus dien as grondslag vir jou Dorper kennis. Ook dien hierdie kursus as die begin van ‘n lang pad om eendag dalk ‘n Dorpertelersgenootskap Inspekteur te kan word.
Die kursus bestaan uit 'n teoretiese deel waar daar oor die ras geleer word, rasstandaarde, en hoe om dit toe te pas op 'n skaap. Ons het 'n audiovisuele aanbieding met mooi voorbeelde en fotos sodat jy vinnig kan sien hoe 'n Dorperskaap moet lyk en hoe hy nie moet lyk nie. Baie mense vind baat hieruit omdat dit hulle help as hulle skape koop om seker te maak hulle koop die regte diere.
Daarna begin die praktiese deel. Daar pas jy toe wat jy op die teoretiese deel geleer het, jy kyk na verskillende skape en punt hulle individueel soos jy in die teorie geleer het. Op die manier kry 'n mens 'n baie goeie idee van die ras en stel dit jou in staat om goeie en uiters swak diere op fynere puntjies van mekaar te kan onderskei.
Kursus struktuur:
· Die kursus behels ‘n Teoretiese en Praktiese eksamen
· Dit strek oor 4 dae, gewoonlik of op 1 boer se gronde of sentraal naby ‘n paar boere se gronde.
· Etes en drinkgoed word verskaf gedurende die kursus.
· Verblyf moet self gereël word, die klub reël wel meestal ‘n gastehuis vir kursus aanbieders, wat ook deur die kursusgangers benut kan word. Kontak net die klub dan vir meer inligting.
Kursus inhoud:
Die volgende aspekte word hoofsaaklik aangeraak tydens die kursus.
Geskiedenis van die Dorper
Raad oor Dorperboerdery
Dekkings metodes
Inteling in die Stoetbedryf
Liggaamskondisie van Skape
Algemene Riglyne vir die Bestuursprogram
Uitstaande Kenmerke van die Dorper
Rasstandaard
Stoetteling
Dorper Beoordeling
Dorper Genootskap & Klubs
Dorper Mylpale
Voedingsbehoeftes van Skape
Hierna volg dan deurlopende praktiese evaluering, waarin jy as Kursusganger die verskil in Kudde -Seleksie 1/2, Stoet - T4/T5 en Prul gaan leer onderskei.
Na suksesvolle afloop van ‘n Teoretiese eksamen en ‘n Praktiese eksamen, sal jy ‘n Sertifikaat van die Suid-Afrikaanse Dorpertelersgenootskap ontvang wat aandui dat jy nou ‘n Junior/Senior Dorperkursus voltooi het.
Ons nooi jou uit om solank in te skryf vir die volgende Junior/Senior Dorperkursus. Daar is altyd ‘n beperkte hoeveelheid kursusgangers wat toegelaat word.
Verseker jou plek solank deur die Deposito van R500 te betaal.
Volledige betaling van kursus moet asb geskied voor die aanloop van die kursus.
Volgende Kursus:4-7 Mei 2011
Inskrywing vir Junior/Senior Dorperkursus